Basjan Storieboek en Knuffeldiertjie

R 280.00
R 280.00
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Variants

Description

Ontmoet Basjan die Renoster – speurder en storieheld!

Hierdie geskenkstel sluit die leesboekie “Basjan die Renoster” én ’n sagte, stylvolle Basjan-knuffeldiertjie in — perfek vir klein lesers wat van raaisels, diere en avontuur hou.

In die boek volg ons Basjan op ’n fabelagtige speurtog deur Kameeldoringdorp, waar hy probeer uitvind wie mevrou Leeu se kombers laat verdwyn het. Met sy notaboek en speurvernuf werk hy deur leidrade, stout streke en verrassings, totdat hy ontdek dat dinge nie altyd is soos dit lyk nie.

Met sy hoed en netjiese jas lyk die knuffelweergawe van Basjan net soos in die boek, gereed vir aksie én vir drukkies voor slaaptyd. Kinders sal dit geniet om die storie te herleef met hul eie Basjan in die hand!

🎁 Hierdie stel is ideaal as geskenk vir verjaarsdae, babatees of enige spesiale geleentheid.

Tab title